Wiegeliedjie
Die wind waai koud deur die donker nag
Die reën sak uit soos ‘n jakkals blaf
Takke krap teen die vensterruit
Soos ‘n spook wat ‘n mens se hart wil byt
Ou ou skepe wil jul kom haal
Deur die storms na droomland dwaal
Wie sal jou van die rowers red?
Klein kleine mensie alleen in jou bed
Trek die lakens oor jou kop
Kruip weg soos jou hartjie harder klop
Knus in jou kombers kasteel
Beskut teen die dief wat jou hart wil steel (Beskut teen die dief wat jou hart wil steel)
Sien jy vlermuise hoor jy ‘n uil?
Hoor jy die weerwolwe buite huil?
Ogies toe as die weerlig slaan
Wie weet watter skim in sy lig kan staan
Trek die lakens oor jou kop
Kruip weg soos jou hartjie harder klop
Knus in jou kombers kasteel
Beskut teen die dief wat jou hart wil steel (Beskut teen die dief wat jou hart wil steel)
Die deur gaan oop en die honde grom
Wie is dit wat na jou toe kom?
Pa sal jou van die rowers red
Klein kleine mensie alleen in jou bed
Klein kleine mensie
Trek die lakens oor jou kop
Kruip weg soos jou hartjie harder klop
Knus in jou kombers kasteel
Beskut teen die dief wat jou hart wil steel
Trek die lakens oor jou kop
Kruip weg soos jou hartjie harder klop
Knus in jou kombers kasteel
Beskut teen die dief wat jou hart wil steel