Halwe Beker

Hier by jou het ek alles wat my hart begeer en meer
Meer as net vir nou
En saam met jou tot die einde van die wêreld bly ek hier
Bly ek hier by jou

En hoe kan ek jou beskryf, nie eers 'n digter sal die regte woorde kry
Dis wat jy doen aan my
Met jou arms om my lyf, doen dit alles in my om jou te oortuig
Dat daar's net een vir my

Wat ek vir jou voel kan ek nie keer nie
Dis nie elke dag wat dit met my gebeur nie
Jy laat die lewe vir my sin maak, jy laat elke oomblik voel asof dit saak maak
Dis hoe jy my raak

Wat ek vir jou voel sal nooit verdwyn nie
Wat ookal gebeur kan ons nie skei nie
Want as alles om my stil raak
Is dit jy wat my halwe beker vol maak

Naby jou, al sou die see se grootste golwe om ons breek
Aan jou bly ek getrou
Ek belowe jou al word die wêreld voor ons oë plat gevee
Ek sal my alles vir jou gee

En hoe kan ek jou beskryf, nie eers 'n digter sal die regte woorde kry
Dis wat jy doen aan my
Met jou arms om my lyf, doen dit alles in my om jou te oortuig
Dat daar's net een vir my

Wat ek vir jou voel kan ek nie keer nie
Dis nie elke dag wat dit met my gebeur nie
Jy laat die lewe vir my sin maak, jy laat elke oomblik voel asof dit saak maak
Dis hoe jy my raak

Wat ek vir jou voel sal nooit verdwyn nie
Wat ookal gebeur kan ons nie skei nie
Want as alles om my stil raak
Is dit jy wat my halwe beker vol maak

En ek weet nie wat jy in my sien nie
Want al wonder jy soms bly ek steeds verlief op jou (Steeds verlief op jou)
Sê my hoe verdien ek jou?

Want wat ek vir jou voel kan ek nie keer nie
Dis nie elke dag wat dit met my gebeur nie
Jy laat die lewe vir my sin maak, jy laat elke oomblik voel asof dit saak maak
Dis hoe jy my raak
Ja jy's al wat vir my sin maak, dit is jy wat my halwe beker vol maak

Beliebteste Lieder von Jay

Andere Künstler von Pop rock