Vicki
Kan jy onthou?
Vicki onthou hoe jy vrolik soos 'n veldblom
In die lente na my kom?
En my liefde, teer en sag jou hart omvou?
En tesaam stap ons twee hand aan hand
Saam die toekoms in
Met ons hoop en met ons drome
Al ons jonge liefdesdrome
En met liefde in jou jonge hart
Het jy na my gekom
En ons deel die goue dae, hierdie wonderlike dae
O Vicki jy's die liefde in my hart
Waar gaan ons heen?
Waar gaan ons heen in 'n wêreld waar ons liefde
Waar ons drome en ons hoop
Soos die kleure van 'n reënboog weer verdwyn?
Ek bly agter in die reën en wind
Eensaam sonder jou
En ek dink aan al ons drome
Al ons jong vergeefse drome
Op die lang en eensaam toekomspad
Dink ek steeds aan jou
En ek wonder of jou dae ook so leeg soos myne is?
O Vicki jy's die liefde in my hart
O Vicki jy's die liefde in my hart