Bitterbessie Dagbreek
Bitterbessie dagbreek, bitterbessie son
‘n Spieël het gebreek tussen my en hom
Soek ek na die grootpad om daarlangs te draf
Oral draai die paadjies van sy woorde af
Dennebos herinnering, dennebos vergeet
Het ek ook verdwaal, trap ek in my leed
Papegaai-bont eggo kierang, kierang my
Totdat ek bedroë weer die koggel kry
Eggo is geen antwoord
Antwoord hy alom
Bitterbessie dagbreek
Bitterbessie son
Bitterbessie dagbreek, bitterbessie son
‘n Spieël het gebreek tussen my en hom
Soek ek na die grootpad om daarlangs te draf
Oral draai die paadjies van sy woorde af
Dennebos herinnering, dennebos vergeet
Het ek ook verdwaal, trap ek in my leed
Papegaai-bont eggo kierang, kierang my
Totdat ek bedroë weer die koggel kry
En eggo is geen antwoord (Eggo is geen antwoord)
Antwoord hy alom (Antwoord hy alom)
Bitterbessie dagbreek
Bitterbessie son