Fitzroy Straat

Onder in die skadu van 'n suurlemoen boom
Rug plat op die gras niks om te verloor
Somer dae langs die swembad
En skaatsplank op die teerpad
En stadig het ek besef dat dit was tyd om als op te pak

Ek onthou op die stoep sit ek en Daisy en praat
Sy wys my nuwe drukke op 'n ou Gallo kitaar
Sussie rondomtalie op die wasgoed draad
En Salie vee die stoep op 'n hoek in Fitzroystraat

Tyd het ons altyd aan ons kant gehad
En al die ou wyn in die kas nooit oop gemaak
So baie wat ek wou sê
So baie wat ek wou vra
Maar spyt is 'n goeie ding hy kom altyd net te laat

Kafee toe vir 'n soet tand
Die teer op pad wat ons voete brand
Wat ons als kon koop vir 'n twee rand
'n Duisend Chappies en 'n koeldrank

Albasters op die kamer mat
Dominoes in 'n ry gepak
Onthou als soos ek weg stap
Al die dinge wat ek saam met my vat

Tyd het ons altyd aan ons kant gehad
En al die ou wyn in die kas nooit oop gemaak
So baie wat ek wou sê
So baie wat ek wou vra
Maar spyt is 'n goeie ding hy kom altyd net te laat

Ek sit nog hier met jou Gallo kitaar
As die een man val moet die ander man maar alleen voortgaan
Hier's jou foto weer in die koerant
Met twee datums by jou naam

Herhinner my aan jou
En die huis in Fitzroystraat
Herhinner my aan jou
En die huis in Fitzroystraat

Beliebteste Lieder von Loki Rothman

Andere Künstler von Pop rock