Klein Vreemdeling
Klein vreemdeling, gebore in 'n stal
Klein vreemdeling, is Jy die Koning van die heelal?
Die engele het gesing van Jou, en by die krip hul wag gehou
In armoedig doeke toegevou, klein vreemdeling, slaap sag
Niemand wil jou hê nie
Geen bed om in te lê nie
Die wêreld het Jou nie herken nie
Esel en os maar skaar om Jou te verwelkom
Maar in ou Betlehem
Net maar 'n vreemdeling
Klein vreemdeling, Jy kom een stille nag
Klein vreemdeling, vir Jou was daar geen kussing sag
Die herders is gelei na Jou, deur wonderster hul haas dan gou
En sien Maria Jou vas teen haar hou, klein vreemdeling, slaap sag
Niemand wil jou hê nie
Geen bed om in te lê nie
Die wêreld het Jou nie herken nie
Esel en os maar skaar om Jou te verwelkom
Maar in ou Betlehem
Net maar 'n vreemdeling
Maar in ou Betlehem
Net maar 'n vreemdeling
Net maar 'n vreemdeling