Meisiekind [Duet]
Hierdie dag belangrik my lief
Die fotos in my hand 'n ope brief
Hier was jy nog in die gradeklas
Klein haasbekkie met handjies skoongewas
Hier's jou kleinboet hy kon jou so pla
Geduld word mos van ma's gevra
Hier jou Matriekafskeidsdans
Jou rok so mooi oor sterreglans
Vandag is jou troudag my meisie
Jy word 'n vrou my kind
Mag vreugde groei deur die jare
Hierdie jou dag, toekoms wat wag, my liefste, my meisiekind
Jy gaan weg dis soos die lewe is
My meisiekind ek sal jou baie mis
Daar is plek in ons familiekring
Vir hom wat jou vreugde bring
Meisiekind dis jou huweliksfees
Ek sal nie huil ek sal net vrolik wees
Hierdie môre reeds pêrelgrou
Word wakker lief die toekoms wag vir jou
Vandag is jou troudag my meisie
Jy word 'n vrou my kind
Mag vreugde groei deur die jare
Hierdie jou dag, toekoms wat wag, my liefste, my meisiekind
Vandag trou ma se meisie
En tog bly jy ma se kind
Ons liefde sal groei deur die jare
Hierdie jou dag, toekoms wat wag vir mamma se meisiekind
Hierdie jou dag, toekoms wat wag vir mamma se meisiekind