Silwer Hare Tussen Goud
Liefling ek word nou al oud
Silwer hare tussen goud
Skyn daar op my voorhoof nou
Lewenskragte kwyn so gou
Maar my liefling jy sal ewig bly
Altyd jonk en mooi vir my
Ja my liefling, jy sal bly
Altyd jonk en mooi vir my
Ja, o ja my liefling ek word oud
Silwer hare tussen goud
Skyn daar op my voorhoof nou
Lewenskragte kwyn so gou
Hare glinster silwer mooi
Wange is nog effe rooi
Jare het verby gegaan
Winter dae kruip nou aan
Maar jy bly die een vir my, vir my
Lieflik soos 'n roos is jy
Ja jy bly die een vir my
Lieflik soos 'n roos is jy