Die Boom [Live]

Ek is die saadjie in die grond
Hy gooi sy water oral om my
My wortels vasgegroei in Hom
Totdat my eerste blare son kry

Hy gee my lewe elke dag
Beskerm my met al Sy mag
Teen warm son en koue nag

Hy is die Boom in die aarde wat Sy takke oor my sprei as storms val
Ek hoef nooit te vrees nie want ek want ek weet Hy sal
My altyd in Sy skadu hou
Die boom van lewe wat my veilig hou tot ek my takke sprei
En 'n ander ook beskerm net soos Hy
Want ek lewe net vir Hom en Hy vir my

U maak my sterker elke uur
In brande hou U al die vuur weg
My vrugte vorm uit U gees
Met U langs my sal ek niks vrees nie

Hy gee my lewe elke dag
Beskerm my met al Sy mag
Teen warm son en koue nag

Hy is die Boom in die aarde wat Sy takke oor my sprei as storms val
Ek hoef nooit te vrees nie want ek weet Hy sal
My altyd in Sy skadu hou
Die boom van lewe wat my veilig hou tot ek my takke sprei
En 'n ander ook beskerm net soos Hy
Want ek lewe net vir Hom en Hy vir my

Hy gee my lewe elke dag
Beskerm my met al Sy mag
Teen warm son en koue nag
Hy is die bron van al my krag

In die aarde wat Sy takke oor my sprei as storms val
Ek hoef nooit te vrees nie want ek weet Hy sal
My altyd in Sy skadu hou
Die boom van lewe wat my veilig hou tot ek my takke sprei
En 'n ander ook beskerm net soos Hy
Want ek lewe net vir Hom en Hy vir my

Beliebteste Lieder von Monique Steyn

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)