Die besoeker

As ‘n vuur se vlamme klein raak
Gooi ek nog ‘n paar stompe op
Want maybe kom jy kuier
En ek hou die donker dop

Dalk kom jy weer soos altyd
By die tuin se hekkie in
En dan vra jy met daai trademark smile
Het die rugby al begin?

Ek en my pel
My beste pel se spook
Het gisteraand ‘n paar sigarette
Saam gerook

En saam geluister na skadus
Teen die muur
Ek het so gewens
Hy was rerig hier

Jy weet jy’s altyd welkom
Ek het Three Ships ingegooi
Al kon jy dit nie maak nie
Is jy anyway genooi

Die nag raak al hoe later
En al die hout is klaar
Ek staar vergeefs die donker in
Maar ek sien steeds niemand daar

Ek en my pel
My beste pel se spook
Het gisteraand ‘n paar sigarette
Saam gerook

En saam geluister na skadus
Teen die muur
Ek het so gewens
Hy was rerig hier

Ek en my pel
My beste pel se spook
Het gisteraand ‘n paar sigarette
Saam gerook

En saam geluister na skadus
Teen die muur
Ek het so gewens
Hy was rerig hier
Ek het so gewens
Hy was rerig hier

Beliebteste Lieder von Neil Somers

Andere Künstler von Folk rock