Sinnelose lente

Jou pa is die baas van ‘n sitrusplaas
In die mooie ou Gamtoos
Maar jy is die probleemkind
Maak almal om jou kronies moedeloos

Al die pakslae het jou boggerol gehelp
Jou gatkant is so taai gebrei
Ma en pa se planne raak ook op
Daar’s geen manier om jou voorbeeldig te kry

Maar sinnelose lente boeta tel jou sente
Hulle gat vir jou wegstuur
Na ‘n koshuis op die dorp met ‘n rooi sinkdak op
Hulle soek jou nie meer hier

Jou ma sê die kind maak my mal hy’s 'n Boys Town geval
Ek kan dit nie meer verduur die sinnelose lente
Ja 'n sinnelose lente
Sinnelose lente
Jou voorland is ‘n sinnelose lente

Jou tassies is netjies ingepak
Jou moeder lyk so verlig
As sy haar eie sin kan kry
Dan kom jy net vir vakansies terug

En voor die week verby is word jy afgelaai
Om ‘n koshuisbrak te raak
Maar jy voel so tevrede
Want hier is ‘n honderd meer mense om mal te maak

Ja sinnelose lente boeta tel jou sente
Hulle gat vir jou wegstuur
Na ‘n koshuis op die dorp met ‘n rooi sinkdak op
Hulle soek jou nie meer hier

Jou ma sê die kind maak my mal hy’s ‘n Boys Town geval
Ek kan dit nie meer verduur die sinnelose lente
Ja ‘n sinnelose lente
Sinnelose lente
Jou voorland is ‘n sinnelose lente

Sinnelose lente boeta tel jou sent
Hulle gat vir jou wegstuur
Na ‘n koshuis op die dorp met ‘n rooi sinkdak op
Hulle soek jou nie meer hier

Jou ma sê die kind maak my mal hy’s ‘n Boys Town geval
Ek kan dit nie meer verduur die sinnelose lente
Ja ‘n sinnelose lente
Sinnelose lente
Jou voorland is ‘n sinnelose lente

Beliebteste Lieder von Neil Somers

Andere Künstler von Folk rock