Jy
Soms as ek wonder waarheen nou en daar is niks om aan vas te hou
Dink ek net aan Jou
Soms wil die hartseer my verdrink maar by Jou kan ek vrede vind
By Jou kan ek helder dink
Jy was nog altyd daar vir my as die dag my onderkry
En my siel nie meer wil stry
Jy ken my donker, ken my lig, dra my maklik op Jou rug
As ek voor my vrese swig
Soms as die wêreld in my raas en ek's moeg om na niks te jaag
Spoor Jy my aan om weer te waag
Soms as dit voel of ek verdwyn en my waarde hier wegkwyn
Is dit Jy wat my weer laat skyn
Jy was nog altyd daar vir my as die dag my onderkry
En my siel nie meer wil stry
Jy ken my donker, ken my lig, dra my maklik op Jou rug
As ek voor my vrese swig
Waar sou ek wees as ons nie saam kon bou (Saam kon bou)
Jy bly my anker, my nou (Anker, my nou)
En as jy my in Jou liefde omvou (Liefde omvou)
Sien ek vir ewig in Jou (Ewig in Jou)
Ja, Jy was nog altyd daar vir my as die dag my onderkry
En my siel nie meer wil stry
Jy ken my donker, ken my lig, dra my maklik op Jou rug
As ek voor my vrese swig
Jy was nog altyd daar vir my as die dag my onderkry
En my siel nie meer wil stry
Jy ken my donker, ken my lig, dra my maklik op Jou rug
As ek voor my vrese swig
Jy was nog altyd daar vir my as die dag my onderkry
Was daar altyd Jy