Land Van Sonskyn
Hier in die land van sonskyn
Hier in die stad van goud
Het ek 'n droom kom waar maak
Het ek my hart verloor
Tyd het geleer, niks kan my keer
Ek weet geluk is 'n keuse
Ek kies om dit nou te vat
Hier in die land van sonskyn
Hier waar die see bekoor
Sien ek 'n helder toekoms
Hier is waar ek behoort
Hier wil ek bly, met jou aan my sy
Liefde is ook 'n keuse
Ek kies om dit nou te vat
En ek glo in vandag
Want vandag se vreugde gee my hoop
Ek leef net vir nou
Want nou is al wat ek het
Hier in die land van sonskyn
Waar ek die bosveld hoor
Verstaan ek die taal van vrede
Verstaan ek weer als van voor
Ek moet laat leef, ek moet vergeef
Omgee is ook 'n keuse
Ek kies om dit nou te vat
En ek glo in vandag
Want vandag se vreugde gee my hoop
Ek leef net vir nou
Want nou is al wat ek het
Want ek glo in vandag
Want vandag se vreugde gee my hoop
Ek leef vir nou
Want nou is al wat ek het
Hier in die land van sonskyn
Hier in die stad van goud
Het ek 'n droom kom waar maak
Het ek my hart verloor
Tyd het geleer, niks kan my keer
Ek weet geluk is 'n keuse
Ek kies om dit nou te vat
Ek weet geluk is 'n keuse, en ek kies (Ek weet geluk is 'n keuse)
Om dit nou te vat
Want ek glo in vandag
Want vandag se vreugde gee my hoop
Ja en ek leef vir nou
En nou is al wat ek het
Al wat ek het