Lief My
Jy weet ek's steeds verlief op jou, die aap is
Die aap is lankal uit die mou
Ek wil jou aan 'n lyntjie hou
Maar jy weet reeds ek's lief vir jou
So hierdie storie raak 'n bietjie flou, flou, flou
Ek weet ek kan soms moeilik raak
Jou lewe deurmekaar kom praat
Maar styf hier in jou arms wat maak dit saak
Ek sê lief my, lief my, lief my soos net jy alleen kan doen
Vou my in jou arms toe en seël dit met 'n soen

Ja, ek sê lief my soos net jy alleen kan doen
Liefde kos soms so bietjie werk, die koeël is
Die koeël is lankal deur die kerk
Daars niks wat ons twee kan beperk
Die storms maak ons tog net sterk
Ja net so bietjie liefde maak dit werk, werk, werk
Ek weet ek kan soms moeilik raak
Jou lewe deurmekaar kom praat
Maar styf hier in jou arms, wat maak dit saak?
Ek sê lief my, lief my, lief my soos net jy alleen kan doen
Vou my in jou arms toe en seël dit met 'n soen
Ek sê lief my, lief my, lief my soos net jy alleen kan doen
Vou my in jou arms toe en seël dit met 'n soen
Ja, ek sê lief my soos net jy alleen kan doen
Met jou lippe teen aan my
Vergeet ons die baklei
Vat die passie draai dit om
Want dis waarteen ons stry
Die stryd's nie tussen jou en my
Dis woorde wat mislei
Los nou alles wat ons onderkry
Ja, ja, ja, lief my, lief my, lief my soos net jy alleen kan doen
Vou my in jou arms toe en seël dit met 'n soen
Ek sê lief my, lief my, lief my soos net jy alleen kan doen
Vou my in jou arms toe en seël dit met 'n soen
Ja, ek sê lief my soos net jy alleen kan doen
Ja, lief my soos net jy alleen kan doen
Lief my soos net jy alleen kan doen, ja