In Die Transvaal
Die donderweer raas oor jou radio
En die nag kom aan
Nog 'n vaal skemer
Het gekom en gegaan
Gister hang soos 'n landskap
In 'n goue raam
Jy wonder wat pla jou?
Jy voel so oud vanaand
Jy's lewenslank
In die wilde Transvaal
Hier's 'n deurnag diens vir 'n man soos jy, 'n man soos jy
Dan wonder jy wanneer
Kom die Oubaas jou haal?
Is jou huur betaal kan jy vir altyd hier bly
In die Transvaal?
Die brandewyn raas soos 'n rodeo
Met 'n engel in die saal
Sy vra jou naam en trou met jou
En hou 'n groot onthaal
Jare daarna is jy eensaam
En grys met 'n glas
Dis dop en dam en deesdae is die linkerbaan jou baas
Jy's lewenslank
In die harde Transvaal
Hier's 'n deurnag diens vir 'n man soos jy, 'n man soos jy
Wonder jy wanneer
Kom die Oubaas jou haal?
Is jou huur betaal kan jy vir altyd hier bly?
In die Transvaal
By die vurk in die pad skiet jy links en dan hou jy net aan en aan
En as die derde kraai vlieg gaan jy staan en klim deur die drade
Jy's lewenslank
In die bitter Transvaal
Hier's 'n deurnag diens vir 'n man soos jy, 'n man soos jy
Dan wonder jy wanneer
Kom die Oubaas jou haal?
Is jou huur betaal kan jy vir altyd hier bly?
In die Transvaal