Vat Jou Goed en Trek

MARC BRENDON, DON KELLY, JOHAN OBERHOLZER

Hey ek moet die woorde uit my uit kry
Ek wonder net eenvoudig of jy
Of jy alweer die tekens vermy?

Want elke liewe oggend as die son opkom
En eenkant van my bed is nog glad
En al my klere lê op die mat
So luister mooi dan sê ek jou wat

Ek raak nou bietjie moeg vir hierdie boodskap op jou antwoordmasjien
Om jou gesig in my fotos te sien
Want ek voel dat ek beter verdien van jou

So vat jou goed vat jou goed en trek
Vat jou goed en trek by my in
Jy kan maar daai African Grey van jou ook bring

Mmm vat jou goed vat jou goed en trek
Vat jou goed en trek by my in
Gee nie om of daai voël ‘n Bloubul liedjie sing
So vat jou goed en trek

Hey het jy nou al my boodskap gekry?
Ek wonder net eenvoudig of jy
Wil hê ek moet ‘n Ventertjie kry?

Maar môreoggend kyk ons as die son opkom
Met borrels en champagne in die bad
En al ons klere lê op die mat
So luister mooi dan sê ek jou wat

Ek soek jou stem met myne op die boodskap van die antwoordmasjien
Ons fotos in elke raam wat jy sien
Want ek voel dat ek jou regtig verdien by my

So vat jou goed vat jou goed en trek
Vat jou goed en trek by my in
Jy kan maar daai African Grey van jou ook bring

Mmm vat jou goed vat jou goed en trek
Vat jou goed en trek by my in
Gee nie om of daai voël ‘n Bloubul liedjie sing
So vat jou goed en trek

Wissenswertes über das Lied Vat Jou Goed en Trek von Ray Dylan

Wer hat das Lied “Vat Jou Goed en Trek” von Ray Dylan komponiert?
Das Lied “Vat Jou Goed en Trek” von Ray Dylan wurde von MARC BRENDON, DON KELLY, JOHAN OBERHOLZER komponiert.

Beliebteste Lieder von Ray Dylan

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)