Vasklou

Is dit die maan wat jou pla, verlang jy vanaand na iemand wat jy nie ken nie?
Ek aanvaar as jy daar is verlang jy vanaand na my?
Dit voel lank om te wag nog 'n nag nog 'n dag droom jy ook, van my ook?
Want die realiteit sal jou byt as jy in hom bly

Wie't jou drome verniel en jou hart in twee geskeer, alweer?
So vergeet wat jy weet want niks sal jou kan keer

Solank jy net aan my vasklou
Raak ontslae van die hartseer
Aanhou sal jy vir my jou hart gee?

Tussen lyne lees wil jy by my wees?
Soos die tyd verloop maak 'n hart weer oop
Solank jy vas klou
Raak ontslae van die hartseer
Hou vas aan my

Is dit die weer wat my keer, verlang al hoe meer na plekke waar ek nooit was nie
Om 'n vuur met jou hier avontuur kom ons hardloop weg
Kom ons gaan vat my hand, trek 'n lyn in die sand en spring oor
Begin oor
Sal jou vang as jy val, ja ek sal gooi net alles weg

Wie't jou drome verniel? en jou hart in twee geskeur, alweer?
So vergeet wat jy weet want niks sal jou kan keer

Solank jy net aan my vasklou
Raak ontslae van die hartseer
Aanhou sal jy vir my jou hart gee

Tussen lyne lees wil jy by my wees
Soos die tyd verloop
Maak 'n hart weer oop

Solank jy vas klou
Raak ontslae van die hartseer
Hou vas aan my

Vasklou
Raak ontslae van die hartseer
Hou vas aan my

Beliebteste Lieder von Reen

Andere Künstler von Dance pop