Haai Haai
Het Ricky jou vertel
Van Oom Dries du Plooy?
Hy’s so fris, so sterk, so moerig soos ‘n dakkabooi
Want hy’s nors, hoor
Jy verstaan nie my maat
Al die kante van sy bed is verkeerd, altyd kort van draad
Maar as die bakkie staan en idle
Reg vir die dag se jag
Dan kom Oom Dries du Plooy
En sê kêrels, wag ‘n slag
Voor ons waai haai haai, haai haai, haai haai
Kom ons braai haai haai, haai haai, haai haai
Ziggy ziggy haai haai, vergeet die slaai voor ons waai haai haai
Kom ons braai haai haai, haai haai, haai haai
Eindelik innie veld
Vat skaars ‘n spoor
Maar die tjoppie en die doppie en die son maak dat ons verloor
Toe vat ons ‘n breek
Want ons is dik gevreet
Toe maak Oom Dries al die houtjies bymekaar laat ons vuur aansteek, aai toggie
En die bakkie staan en idle
Reg om verder te jag
Toe kom Oom Dries du Plooy alweer
En sê kêrels, o wag ‘n slag
Voor ons waai haai haai, haai haai, haai haai
Kom ons braai haai haai, haai haai, haai haai
Ziggy ziggy haai haai, vergeet die slaai voor ons waai haai haai
Kom ons braai haai haai, haai haai, haai haai
O eet, eet, eet, jag niemand meer hier rond nie?
Eet, eet, eet, ons voete vat nie grond nie, Oom Dries jy weet dis die derde keer wat ons al braai?
O eet, eet, eet die hardekole knetter
Eet, eet, eet ons vat ‘n bietjie better, dis laat in die aand almal wil gaan slaap maar Oom Dries wil eers iets sê
Kêrels wag ‘n slag
Voor ons waai haai haai, haai haai, haai haai
Kom ons braai haai haai, haai haai, haai haai
Ziggy Ziggy haai haai, haai haai, vergeet die slaai, voor ons waai
Kom ons braai haai haai, haai haai, haai haai
O eet, eet, eet, jag niemand meer hier rond nie?
Eet, eet, eet, ons voete vat nie grond nie, Oom Dries jy weet ons is gatvol al gebraai?
O eet, eet, eet die hardekole knetter
Eet, eet, eet ons vat ‘n bietjie better
Eet, eet, eet dis die vierde keer wat ons al braai
O ek mis my vrou se slaai