As Jy Dit Bedoel

Hier staan ons op 'n Sondag
En ek onthou soos gister
Ek sien nou nog jou glimlag
En alles wat my hart voor anker
Maar ek weet dit maak bitter seer as die lewe jou verraai
Sê my dis nie wat ek dink
My gedagtes verdrink, jy’s te stil

Sal jy onthou om te sê hoe jy voel as jy dit nog bedoel
Jy weet dis meer as net woorde, dis meer as net 'n gevoel
Soos die aarde wat smag na die reën
Sê my ek bly die enigste een

Sal jy onthou om te sê hoe jy voel as jy dit nog bedoеl
Ek wil weet wat jy voel
Ek wil weet wat jy voel

Hier staan ons jarе later
Verdwaal in jou oë soos gister
Ek kan sien jy kom dit agter
Jy sien al my vrae verminder
Maar ek weet dit maak bitter seer as die lewe jou verraai
Want jy was al hier deur en dis hoe jy my leer om te glo

Sal jy onthou om te sê hoe jy voel as jy dit nog bedoel
Jy weet dis meer as net woorde, dis meer as net 'n gevoel
Soos die aarde wat smag na die reën
Sê my ek bly die enigste een

Sal jy onthou om te sê hoe jy voel as jy dit nog bedoel
Ek wil weet wat jy voel
Ek wil weet wat jy voel

Sal jy onthou om te sê hoe jy voel as jy dit nog bedoel
Jy weet dis meer as net woorde, dis meer as net ’n gevoel
En soos die aarde wat smag na die reën
Sê my ek bly die enigste een

Sal jy onthou om te sê hoe jy voel as jy dit nog bedoel
Ek wil weet wat jy voel

Ek wil weet wat jy voel

Beliebteste Lieder von Riana Nel

Andere Künstler von Country pop