Hansie Slim

Ek was so slim om uit die huis uit te klim
In die wye wêreld in
Was neëntien en in die industrie
Met my Yamaha op my regter knie

Maar God se hart is seer
Want Sy kind verloor beheer

Een jaar later maar nou's ek moeg
Opgeëet en uitgespoeg
Omdraai huistoe, ver weg van hier
Sing sal ek nooit ooit weer nie

Maar God se hart is seer want Sy kind verloor beheer
En God het my kom haal, Hy het gesien dat ek gaan verdwaal

Nou's ek wys en uit die huis
Met 'n kaart vir die wêreldreis
Geen omdraai nou, met my hart op my mou nie
Sal my engele my omvou

En God se hart is seer want Sy kind verloor beheer

Hansie slim, berg wil klim
In die wye wêreld in
Stok en hoed pas hom goed
Hy is vol van moed

Maar God se hart is seer want Sy kind verloor beheer
En God het my kom haal, Hy het gesien dat ek gaan verdwaal

En God het my kom haal (My kom haal)

Maar God se hart is seer want Sy kind verloor beheer

Beliebteste Lieder von Riana Nel

Andere Künstler von Country pop