Stukkies

Daar gaan nog 'n bietjie
Nog 'n stukkie van my lewe
My hart klop te vinnig en my kop werk tripel dit oor sy tyd
Maar tog probeer ek weer
Smag so na die seer wat liefde my bring
Maar hoe kon ek tog besef hoe gelukkig ek is
Voor dit my teen die kop tref

Want dis nie in my hande nie
En ek hoef nooit weer te huiwer nie
Om ooit weer lief te hê
Want vrees kom nie van die Here af nie

Maak tog oop jou oë, klim van jou troon af en sê dankie
Wees 'n bietjie dankbaar, wees 'n bietjie bly oor wat jy het
Kyk 'n bietjie op en staan van die grond af op
Skuif weg die een wat jou oë laat traan
Kyk op na die Een wat jou op laat staan, en weet
En weet dat jy kan sing

Want dis nie in jou hande nie
En jy hoef nooit weer te huiwer nie
Om ooit weer lief te hê
Want vrees kom nie van die Here af nie

Kom nie van Hom af nie
Kom nie van Hom af nie

Kyk net rondom jou
Kyk na alles wat jy het
So moenie lewe met spyt
En moenie dat jou lewe jou dalk vir my steek

Want dis nie in jou hande nie
En jy hoef nooit weer te huiwer nie
Om ooit weer lief te hê
Want vrees kom nie van die Here af nie

Want dis nie in jou hande nie
En jy hoef nooit weer te huiwer nie
Om ooit weer lief te hê
Want vrees kom nie van die Here af nie

Kom nie van Hom af nie

Beliebteste Lieder von Riana Nel

Andere Künstler von Country pop