Treinspoor

Was 'n warm dag en ek sit op die treinspoor
Êrens langs die pad van Windhoek na Swakopmund
Ek probeer my sorge los daar naby Usakos
Maar niemand weet hoe ek voel

Dis die eerste keer wat my hart gebreek word
Êrens op die pad van hartseer wat ek moet leer
En ek huil my trane soos riviere
Jy het dit geweet toe jy my los

Want as ek
My pad
Terug na jou hart kon vind
Sou ek
My alles
Weer in jou oë kom vind
En ek belowe jou
Ek belowe jou
My hart

Jy sal nooit kan weet wat daar vir jou wag in môre
Êrens langs die pad van gister en weer probeer
Ek probeer die tekens lees sover ek aangaan
En almal weet wat ek voel
En almal weet wat ek voel

En as ek
My pad
Terug na jou hart kon vind
Sou ek
My alles
Weer in jou oë kom vind
En ek belowe jou
Ek belowe jou
My hart

En alles wat daar was
Alles wat daar is sal ek onthou
Alles wat daar was
Alles wat daar is het ek nog altyd vertrou

As ek
My pad
Terug na jou hart kon vind
Sou ek
My alles
Weer in jou oë kom vind

As ek
My pad
Terug na jou hart kon vind
Sou ek
My alles
Weer in jou oë kom vind
En ek belowe jou
O, ek belowe jou
My hart

Beliebteste Lieder von Riana Nel

Andere Künstler von Country pop