Wat As?

Riana Nel

Ek sal nooit verstaan hoe jy vergeet het
Om te sê hoe jy oor my voel, en nou's jy nie hier nie
En ek moet lewe, sonder jou
Ek wens dat ek die een in jou arms kan wees
Want ek weet dat jy voel soos ek voel en dat ons saam moet wees

So kyk my in my oë en sê my wat as ek nou joune was
Sou die jare se wag, die huil in die nag, alles die moeite werd wees
Sê my, nou want ek kan nie meer dink aan wat as

Jy is onvoorspelbaar, net soos ek
Soms voel ons soos dieselfde persoon
En wat keer jou dan, ek sien dit in jou oë
Dit wat jy hardop wil sê
Ek wens dat ek weer in jou arms kan wees
Want ek weet dat jy voel soos ek voel en dat ons saam moet wees

So kyk my in my oë en sê my wat as ek nou joune was
Sou die jare se wag, die huil in die nag, alles die moeite werd wees
Sê my, nou want ek kan nie meer dink aan wat as
Ek kan nie meer dink aan wat as

So kyk my in my oë en sê my wat as ek nou joune was
Sou die jare se wag, die huil in die nag, alles die moeite werd wees

Kyk my in my oë en sê my wat as ek nou joune was
Sou die jare se wag, die huil in die nag, alles die moeite werd wees
Sê my nou want ek kan nie meer dink aan wat as
Sê my nou, ek kan nie meer dink aan wat as

Wissenswertes über das Lied Wat As? von Riana Nel

Wann wurde das Lied “Wat As?” von Riana Nel veröffentlicht?
Das Lied Wat As? wurde im Jahr 2011, auf dem Album “Die Moeite Werd” veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Riana Nel

Andere Künstler von Country pop