Holtes Van My Hart

Wie het
Die reëndruppels laat val?
Jou voetspore
Eggo in die holtes van my hart
In die holtes van my hart

Oor die klippies
En die berge in my pad
Oor die kranse
En die vraagtekens wat hang
In die holtes van my hart
In die holtes van my hart

Wie het die sterre getel
En uit die stad kom steel?
Wie het die sterre getel?
Het ek my net verbeel?

Wie het
Die kronkelpaadjies uitgetrap?
Waarom
Al die afdraaipaadjies kronkel deur my hart?
Dit kronkel deur my hart

Oor die vlaktes
En die Groot Riviervallei
Oor die grense
Waar die donkerdieptes tuimel
Oor die afgrond van my hart
Oor die afgrond van my hart

Wie het die sterre getel
En uit die stad kom steel?
Wie het die sterre getel?
Het ek my net verbeel?

Wie het die sterre getel
En uit die stad kom steel?
Wie het die sterre getel?
Het ek my net verbeel?

Wie het Namakwaland
Se sandkombers geweef?
Wie het die sterre getel
En uit die stad kom steel?

Wie het
Die herfsblare met roes geverf?
Waarheen
Het die lentebloeisels sommer net verdwyn?
Gee die son sy laaste skyn?

Wie het die sterre getel
En uit die stad kom steel?
Wie het die sterre getel?
Het ek my net verbeel?

Wie het die sterre getel
En uit die stad kom steel?
Wie het die sterre getel?
In die holtes van my hart

Beliebteste Lieder von Richard

Andere Künstler von Sertanejo