As Jy Vandag Kon Herlewe

As jy vandag weer kon herlewe, en jy in die tyd terug kon gaan
Sou jy dan veel meer kon vergewe?
Het jy dalk minder seer gemaak?

As jy vandag weer kon herlewe, as jy terug kon gaan na toe
Sou jy dalk meer maak van jou lewe?
Sou jy dalk alles anders doen?

As jy vandag weer kon herlewe, as jy in die tyd terug kon gaan
Sou jy kon liefhê, meer belewe?
Sou jy ‘n vriend se pyn verstaan?

As jy vandag weer kon herlewe, as jy terug kon gaan na toe
Sou jy dalk meer maak van jou lewe?
Sou jy dalk alles anders doen?

Geen somber stiltes maar ‘n woord van verstaan
Met harte wat luister
Meer tyd vir mekaar

Hande wat uitryk en gee van ‘n blom
Word oudag se vure
En eendag se son

As jy vandag weer kon herlewe, as jy in die tyd terug kon gaan
Sou jy dan veel meer kon vergewe?
Het jy dalk minder seer gemaak?

As jy vandag weer kon herlewe, as jy terug kon gaan na toe
Sou jy dalk meer maak van jou lewe?
Sou jy dalk alles anders doen?

Geen harde woorde, dit maak tog net seer
Gee net meer vreugde
Dit werk elke keer

Net minder ek en ‘n bietjie meer jy
Word minder wonder
Wat dink jy van my?

As jy vandag weer kon herlewe, as jy in die tyd terug kon gaan
Sou jy dan veel meer vergewe?
Het jy dalk minder seer gemaak?

As jy vandag weer kon herlewe, as jy terug kon gaan na toe
Sou jy dalk meer maak van jou lewe?
Sou jy dalk alles anders doen?

As jy vandag weer kon herlewe, as jy in die tyd terug kon gaan
Sou jy kon liefhê, meer belewe?
Sou jy ‘n vriend se pyn verstaan?

As jy vandag weer kon herlewe, as jy terug kon gaan na toe
Sou jy dalk meer maak van jou lewe?
Sou jy dalk alles anders doen?

Sou jy dalk meer maak van jou lewe?
Sou jy dalk alles anders doen?

Wissenswertes über das Lied As Jy Vandag Kon Herlewe von Rina Hugo

Wann wurde das Lied “As Jy Vandag Kon Herlewe” von Rina Hugo veröffentlicht?
Das Lied As Jy Vandag Kon Herlewe wurde im Jahr 2009, auf dem Album “J'taime On Amour” veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Rina Hugo

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)