Oupoot en Piet

ROBB WESSELS

Dit was ‘n volmaan in die Bosveld
Op Piet Nel se plaas
En die bles hoenders en makoue
Het op die plaasdam geraas

Na sonsonder het Piet Nel
Soos altyd gaan kyk
Of daar ‘n jakkals of ‘n wildekat by die skaapkraal opduik

Maar dié aand het geskiedenis
Homself kom bepaal
Toe Piet Nel ‘n olifant
Uit die dryfsand moes haal

Sy 4 x 4 bakkie
Sy kabel en tou
Sal Piet Nel en Oupoot vir altyd onthou

Ken jy die storie van Oupoot en Piet?
Dis ‘n storie van vreugde en een van verdriet
Oupoot is ‘n olifant en Piet is sy vriend
Dis ‘n storie van ‘n vriendskap tussen Oupoot en Piet

Tien jaar later
Is Piet Nel oorsee
Met bemarking vir sy wildsplaas
En kopers vir sy veë

Op ‘n uitstappie na die dieretuin
Kan Piet Nel nie glo
‘n Afrika olifant kyk hom stip in die oë

En toe hy net nie meer kan nie
Gaan roep hy die baas
Please open the gate
This is Oupoot van die plaas

En hy stap stadig nader
Tree vir tree
En Oupoot maak reg
Om poot te gee

Ken jy die storie van Oupoot en Piet?
Dis ‘n storie van vreugde en een van verdriet
Oupoot is ‘n olifant en Piet is sy vriend
Dis ‘n storie van ‘n vriendskap tussen Oupoot en Piet

En hy dink weer aan daai aand
Die ganse op die dam
En hoe anders lyk Oupoot nou as dan

Hy onthou weer daai oomblik
Hy kon dit nie glo
Die dankbaarheid en die vreugde in Oupoot se oë

En so eindig die twee
Reg voor mekaar
Mens voel die spanning in die lig soos hulle vir mekaar staar

En Piet Nel steek sy hand uit om vir Oupoot te voer
En Oupoot trap vir Piet Nel binne in sy

Moenie die olifante voer nie Ou Piet
Is ‘n storie van vreugde en een van verdriet
Oupoot bly in Afrika en Piet is tot niet
Ja so loop die storie van Oupoot en Piet

Ken jy die storie van Oupoot en Piet?
Is ‘n storie van vreugde en een van verdriet
Oupoot bly in Afrika en Piet is tot niet
Ja so loop die storie van Oupoot en Piet

Wissenswertes über das Lied Oupoot en Piet von Robbie Wessels

Wann wurde das Lied “Oupoot en Piet” von Robbie Wessels veröffentlicht?
Das Lied Oupoot en Piet wurde im Jahr 2017, auf dem Album “Woestyn” veröffentlicht.
Wer hat das Lied “Oupoot en Piet” von Robbie Wessels komponiert?
Das Lied “Oupoot en Piet” von Robbie Wessels wurde von ROBB WESSELS komponiert.

Beliebteste Lieder von Robbie Wessels

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)