Ek Weet Jy Vlieg

My hart onthou jou asem
Teen die ruite van my siel
Die mense dink die nag het ons verniel

Maar soms is ware liefde
Die aanvaarding om te weet
Dis beter om te los en om te vergeet

Maar ek wens dat ek kon sien hoe jy
Jou vlerke teen die hemel sprei

Ek weet jy vlieg vandag want jy is vry
Ek weet jy leef jou droom al is dit sonder my
Die paaie van jou lewe moes jou na jou waarheid lei
Ek weet jy vlieg en dis genoeg vir my

My hart onthou jou hande
En ek voel jou teen my lê
Ek droom jy hoor die woorde wat ek sê

Ek weet jy vlieg vandag want jy is vry
Ek weet jy leef jou droom al is dit sonder my
Die paaie van jou lewe moes jou na jou waarheid lei
Ek weet jy vlieg en dis genoeg vir my

Ek weet jy leef jou drome en jy’s vry
Maar jy’s altyd by my

Ek weet jy vlieg vandag want jy is vry
Ek weet jy leef jou droom al is dit sonder my
Die paaie van jou lewe moes jou na jou waarheid lei
Ek weet jy vlieg en dis genoeg vir my

Beliebteste Lieder von Rudi

Andere Künstler von Pop rock