Stille Waters

Jy't gesĂȘ ons liefde sal bly staan
Al tuimel al die berge in die oseaan
Doen vir my 'n gunsie voor jy gaan
Gooi vir my 'n klippie, 'n klippie in die oseaan

Wie sal ooit die liefde kan verstaan?
Nader as 'n hartklop, verder as die maan
Daar's 'n tyd van kom en 'n tyd van gaan
Dit het ek gelees maar hoe sal ek dit ooit verstaan?

Kyk hoe sak die sekelmaan
In die stille oseaan
Stille waters diepe grond
Onder draai die duiwel, onder draai die duiwel rond

Miskien is liefde net 'n fantasie
Dis nie alles maanskyn en rose nie
Jy was vir 'n rukkie aan my sy
Was jy net 'n bietjie net 'n bietjie lief vir my?

Miskien is daar 'n plek vir ons twee saam
Anderkant die berge van die maan
En as die maan weer opkom sal ek onthou
Ek was vir 'n rukkie ook 'n bietjie lief vir jou
Ek was vir 'n rukkie ook 'n bietjie lief vir jou

Beliebteste Lieder von Simone

Andere Künstler von MPB