Die Donker Toring
Ek het by my broers weggekruip vir twee jaar om oor iets te skryf
Ons het daar bo by die venster agt seisoene in vlotte
Deur die drank en die dood sien dryf tot ons vir jou gehoor het
Jy’t kom klop aan die deur van die toring en ek wou nie uitkom nie
My broers het jou gaan ontmoet
Jy’t hulle soos jou eie gegroet
Ek het julle aanloop gesien, vir jou met daai tekkies van jou
Julle het hierdie hele donnerse ding omgeduik
So hier is dit nou, ek lê waar my skaduwee was
Oor elke laaste doring
Ek is die donker toring