Kerkstraat

Ons hande raak in Kerkstraat
Die trap van die gallery
Ek's lief vir jou vir 'n honderd jaar
Vêr van verby
Daar's 'n hond op die pad lief
Dood gery
Ek wil jou sê daarvan
Dalk iets maak daarvan

Maar jy is vêr langs my
Herinering is helder
Daar's min om aan te hou
Ek soek jou hier oor 'n honderd jaar
Soos in nou
Ek's gewond soos 'n muldsteek as ek see toe ry
Ek moes jou sê daarvan
Iets maak daarvan

Maar jy's vêr langs my
Onder die boom en die besies
Die skaduwee getuig
Was ek lief vir jou vir 'n honderd jaar
En jy vir my
Jy weet ek's nie bang nie
Ek staan vir jou
As die dood in die wind galop
Is jy daarop
Altyd

Skerp herinneringe knip nog 'n hartsnaar
Kinders sonder sinne
Om die vinger van die wind, soos'n herfsblaar
Kringe in my binner spin te vinnig
En ek sukkel met die beginner, sulke
Rondomtal dinge maak my hart naar

Kouer-koffie-bitter proe die lippe van die Boland
Binnerkring buite beheer
Die verwyt en die seer maagsuur wat probeer
Om die liefde en lig tussen ons te verteer
Spoel die stukke in 'n revier af (Veer af)

Jy weet ek's nie bang nie
Ek staan vir jou
As die dood in die wind galop
Is jy daarop
Altyd vêr langs
Altyd vêr langs

Wissenswertes über das Lied Kerkstraat von Spoegwolf

Wann wurde das Lied “Kerkstraat” von Spoegwolf veröffentlicht?
Das Lied Kerkstraat wurde im Jahr 2020, auf dem Album “See” veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Spoegwolf

Andere Künstler von