Londen (Volkleur)
In die silwer weer is
Berge pikswart en room
Jy’s die bleek prinses
Mister, ek het ’n droom
Het jy my vergeet in Londen?
Ons dop om ons reënwater-emmers en sit in die stort
Jy’t jou hand op my wang, lief, wat het jy geword?
Het jy my vergeet in Londen?
Kom sien my weer
In volkleur
Ek weet ek moes jou
My hele hart gee
Sien my weer
In volkleur
Ek weet ek moes jou
My hele hart gee
Ons klere was ons seile
Hoog in die wind
Ek het jou verloor
Maar jy’t my gevind
Toegedraai in swart
En sonde
Ek soek haar reuk nog
Somtyds diep in my trui
Daar’s ‘n bries in ons elkeen
Toe jy waai vir my
Het dit als geskeur
Met sonlig
En was ons weer
In volkleur
Ek weet ek wil jou
My hele hart gee
Was ons weer
In volkleur
Ek weet ek wil
My hele hart gee
(Ek voel beter)
(Ek belowe ek voel beter)
(Ek voel beter)
(Ek belowe ek voel beter)