Nuwe Reën

Dis in die oggendblou
Op die ou Kaapse Weg
Ons het vêr gaan ry
En jy wou bly by my
Ons het whiskey gedrink
In jou klein kombuis
Ek het vuur gemaak en
Als het geruik na die nuwe reën
O, Here, is sy nou
Uiteindelik die een?

Jou jare is ligte
Sit soos silwer in jou hare
My jare word ligte
Is gewigloos in jou hande

Hou al jou laaste dae vir my
Ek bring iets vir die son
Iets vir die pyn
Hou al jou laaste dae vir my
Ek bring iets vir die son
Iets vir die pyn

In die laatmiddaglig
Na 'n lang, harde reën
Jy't jou hand gegee en
Ons was stukkend, maar een
Ons het heel aand gedans
Om 'n belofte te maak
Ek het iets gesien en
Als het gelyk na die nuwe plan
O, Here, het U nou
Uiteindelik 'n man uit my gemaak?

En jou jare is ligte
Sit soos silwer in jou hare
My jare word ligte
Gewigloos in jou hande, oh

Hou al jou laaste dae vir my
Ek bring iets vir die son
Iets vir die pyn
Hou al jou laaste dae vir my
Ek bring iets vir die son
Iets vir die pyn

Original Song & Lyrics by Danie Du Toit.
Music Written & Arranged by Spoegwolf.
© Spoegwolf (PTY) LTD, 2022.

Wissenswertes über das Lied Nuwe Reën von Spoegwolf

Wann wurde das Lied “Nuwe Reën” von Spoegwolf veröffentlicht?
Das Lied Nuwe Reën wurde im Jahr 2022, auf dem Album “Dryf” veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Spoegwolf

Andere Künstler von