Uitsoek
Jy skop in my hart
Elke keer as ek op wil gee
Sing jy uit die swart
Kom nou, my rots, ek weet jy kan
Jy klop teen my slaap
Jy blom na die reënseisoen
Baie goeie dinge doen
Hoe gaan daai kort Bybelvers?
Sal jy bly as ek onthou?
Tot die sterre val
Tot die berge strome word
Ek sal jou uitsoek
As die vonke stort
As selfs die engele vyande word
Ek sal jou uitsoek
Ek sal jou uitsoek
Die Heer het in 'n ligskeur gegly
Met hande vol verf kom vat
Aan als in ons vallei
Hoe draai die rooiwolk-kombers
Oor die Drakensteinberg
Ek sien ons twee daar bly
Ek weet wat ek reg moet maak
Ek het jou gebruik
Hier staan 'n man soos 'n vers
Teen die rots uitgekerf
Tot seker net (Tot die sterre val)
Tot die berge strome word
Ek sal jou uitsoek
Tot die vonke stort
En selfs die engele vyande word
Ek sal jou uitsoek
Ek sal jou uitsoek