Wyse Manne
Die somer het gaan staan net soos die straatlig gaan dobber op die water
Ek het jou gedroom en wakker geword in ons lewe
Die Here sit nou nog en flikker in jou hart, hare
Ons was al oud toe ons mekaar leer ken het op die water
Jy het jou lyf gehou asof jy bang was
Ek moet partykeer nog my oë toe knyp
My oë
Daar sê die wyse manne sal die heelal oneindig bly
Ek hoop jy weet jy is die heelal vir my
Die winter het gebreek soos ‘n waterballon bo oor my skuld
Het ek jou vertel hoe groot my aandeel was?
My deel in die aanval wat ek nie kan vergeet, wil nie
Dis moeilik om te glo dat ons die nagmerrie uiteindelik ontduik
Ek het jou gehoor toe ek wild en wreed gedraai het
Word wakker jy’s veilig die son is weer uit
Kom uit
Daar sê die wyse manne sal die heelal oneindig bly
Ek hoop jy weet jy is die heelal vir my
Daar sê die wyse manne sal die heelal oneindig bly
Ek hoop jy weet jy is die heelal