Klara Maloja
Klara Majola wou haar vader wat blind was
Toe die skermer sak gaan haal
Daar waar hy die hout versamel
Maar Klara Majola het verdwaal
Verdwaal in die donker van die skaduwee van die Berge
Verdwaal in die winter in die Kaap
Sy kon die pad nie terug vind nie
Was moeg en het gaan slaap
Klein Klara Majola lê verkluim
In die Bokkeveld se bros kapok
Haar arms en bene bruin en kromgetrek
Soos ‘n wingerdstok
Klara Majola die koue geweld
Sif stadiger oor my uit die ruim
Maar nooit sal ek in die Bokkeveld
So warm soos jy verkluim
En dis nou sestig jaar gelede
En jy‘s lank al nie meer hier
En tog is jy nog by ons
Want ek sien jou siel
Vasgevang
In ’n beeld
In ’n beeld van brons
Klein Klara Majola lê verkluim
In die Bokkeveld se bros kapok
Haar arms en bene bruin en kromgetrek
Soos ’n wingerdstok
En die wêreld het verander maar die hemel waarop ons wag
Is nog lank nog nie hier nie
En daar’s altyd nog kinders wat verdwaal
In die winternag