Iemand In Die Niemand

Johan Oberholzer

Jy's die hoor
In die behoort by jou
Jy's die arm
In die warm hou
Ja jy voltooi my woorde
Die oor in my akkoorde

Hou aan
Moenie ophou daarmee
As jy ooit in my twyvel sal ek weer vir jou sê
Dat jy ‘n deel in my het

Vat my breek my gooi my neer
Ek sal weer opstaan
Jy’s die een wie my weer optel en laat aangaan

As ek nie regop kan staan nie gryp jy my
En jy sal my nooit laat gaan nie
Hou my vas
Jy sit die iemand in die niemand wie ek was

Jy's die aarde
In die waardevol
Jy's die ewig
In die stewig hou
Ja jy voltooi my woorde
Die oor in my akkoorde

Hou aan
Moenie ophou daarmee
As jy ooit in my twyvel sal ek weer vir jou sê
Dat jy ‘n deel in my het

Vat my breek my gooi my neer
Ek sal weer opstaan
Jy’s die een wie my weer optel en laat aangaan

As ek nie regop kan staan nie gryp jy my
En jy sal my nooit laat gaan nie
Hou my vas
En jy sit die iemand in die niemand wie ek was
Wie ek was

Jy's elke uur in hierdie vuur wat brand vir jou
Jy is die roos in elke troos wat my
Gelukkig hou

Vat my breek my gooi my neer
Ek sal weer opstaan
Jy’s die een wie my weer optel en laat aangaan

As ek nie regop kan staan nie gryp jy my
En jy sal my nooit laat gaan nie
Hou my vas
En jy sit die iemand in die niemand wie ek was

Beliebteste Lieder von Tarryn Lamb

Andere Künstler von Afrikaans