Net Voor Die Storm Kom [Live Duet]

Hoe lank al praat ons nie meer nie?
Stiltes om ons raak te veel
Beter, sal ek nooit weer kry nie
Maar ek moet nou sien dis verby

Net voor die storm kom
Sal ek groet en sê ek draai nie om
Met my hart maak ek my laaste wens
Ek sien jou deur 'n gebreekte lens

En ek groet jou voor die storm kom
Voor die winde en die reën weer kom
Hoe kan ek dit verstaan ek hoor nou nog jou naam?
Dis verby net voor die storm kom

Ek loop in donkerte rond
Woorde steek vas in my mond
Ek wag deur die winter van my gemoed
Ek stap deur die skemers van my hart

Net voor die storm kom
Sal ek groet en sê ek draai nie om
Met my hart maak ek my laaste wens
Ek sien jou deur 'n gebreekte lens

En ek groet jou voor die storm kom
Voor die winde en die reën weer kom
Hoe kan ek dit verstaan ek hoor nou nog jou naam?
Dis verby net voor die storm kom

En hartseer dra nie 'n masker nie
Maar daar was so veel
Wat liefde nie geleer het nie

Net voor die storm kom
Sal ek groet en sê ek draai nie om
Met my hart maak ek my laaste wens
Ek sien jou deur 'n gebreekte lens

En ek groet jou voor die storm kom
Voor die winde en die reën weer kom
Hoe kan ek dit verstaan ek hoor nou nog jou naam?
Dis verby net voor die storm kom
Ons altwee moet aangaan ons sal eendag verstaan
Ek groet jou voor die storm kom

Beliebteste Lieder von Theuns Jordaan

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)