Hierso In Die Soutpansberg

ANNELI VAN ROOYEN, PIET BOTHA

Hierso in die Soutpansberg
Sweef ons tussen skadus weg
Vonke van ons samesyn
Voor ons in die nag verdwyn

Hierso in die Soutpansberg
Het ons drome rondgeswerf
Het die morester gaan draai
Ongeokkerd aan ‘n kaai?

Somer winter son en maan en wind
Vreugde hartseer het ons saam gebind
Eensaam sterf elke vlam en uur
In die gloed van ons laaste vriendskap's vuur
Laaste vriendskap's vuur

Hierso langs die Matlabas
Tjank die jakkalse kanaf
Pluk ons helder sterre af
Spikkel al die meisies vas

Hierso by die Matlabas
Hou die Suiderkruis die wag
Oor die uitgedorde gras
En die groet van elke dag

Somer winter son en maan en wind
Vreugde hartseer het ons saam gebind
Eensaam sterf elke vlam en uur
In die gloed van ons laaste vriendskap's vuur
Laaste vriendskap's vuur

Somer winter son en maan en wind
Vreugde hartseer het ons saam gebind
Eensaam sterf elke vlam en uur
In die gloed van ons laaste vriendskap's vuur
Laaste vriendskap's vuur
Laaste vriendskap's vuur

Wissenswertes über das Lied Hierso In Die Soutpansberg von Anneli Van Rooyen

Auf welchen Alben wurde das Lied “Hierso In Die Soutpansberg” von Anneli Van Rooyen veröffentlicht?
Anneli Van Rooyen hat das Lied auf den Alben “Ek Lewe” im Jahr 2007 und “Treffers Op Versoek” im Jahr 2009 veröffentlicht.
Wer hat das Lied “Hierso In Die Soutpansberg” von Anneli Van Rooyen komponiert?
Das Lied “Hierso In Die Soutpansberg” von Anneli Van Rooyen wurde von ANNELI VAN ROOYEN, PIET BOTHA komponiert.

Beliebteste Lieder von Anneli Van Rooyen

Andere Künstler von Afrikaans