As Dit Reen

(Net toe dit reën, net toe dit reën)

Ek weet dit is seer
Ek weet jy wil nie die waarheid hoor nie ek weet ek kan reg maak
Dis nie dat dit altyd so sal werk nie

Kom soek dit hier by my
Jou antwoorde lê nie altyd rond nie en maak net seker dat ek reg verstaan
Voor ek in die middel by jou staan

En soos wat die wolke kom (Soos wat die wolke kom)
So trek die sterre weg van ons af en net toe die weerlig kom (Net toe die weerlig kom)
Toe maak ek seker dat ek wegstaan want jy is nie met my nie (Jy is nie met my nie)
Jy is al hoe verder weg van my af en net as dit reën sal die stof gaan lê

Ek weet als is weg
Ek weet ek sal dit nie weer kry nie ek weet als is reg so
En dis nie soos wat hulle sê dit is nie

Kom soek dit hier by my
Want ek weet nie waar jy is of gaan nie en maak net seker dat jy ver weg gaan
Voor dit tussen my en jou kom staan

En soos wat die wolke kom (Soos wat die wolke kom)
So trek die sterre weg van ons af en net toe die weerlig kom (Net toe die weerlig kom)
Toe maak ek seker dat ek wegstaan want jy is nie met my nie (Jy is nie met my nie)
Jy is al hoe verder weg van my af en net as dit reën sal die stof gaan lê

Jy is te ver nou
Jy is te hard om vastehou en wag dat dit reën dat ek weg kan gaan
En wag dat dit reën sodat ek weg kan gaan

(En soos wat die wolke kom)
(So trek die sterre weg van ons af)

En net toe die weerlig kom (Net toe die weerlig kom)
Toe maak ek seker dat ek wegstaan want jy is nie met my nie (Jy is nie met my nie)
Jy is al hoe verder weg van my af

(Net toe dit reën, net toe dit reën)

En soos wat die wolke kom (Soos wat die wolke kom)
So trek die sterre weg van ons af en soos wat die weerlig kom (Net toe die weerlig kom)
Dan maak ek seker dat ek wegstaan want net toe dit reën het die stof gaan lê

Wissenswertes über das Lied As Dit Reen von Armand Hofmeyr

Wann wurde das Lied “As Dit Reen” von Armand Hofmeyr veröffentlicht?
Das Lied As Dit Reen wurde im Jahr 2012, auf dem Album “Rug Teen Rug” veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Armand Hofmeyr

Andere Künstler von Pop rock