Praat Ek Mense, Eng'Letale [Remix]

Praat ek mense eng'letale maar dis nie uit liefde nie
Is my woorde hol simbole klanke sonder melodie?
Al kan ek geheime uitlê berge deur geloof versit
Of al het ek al die kennis sonder liefde is ek niks

Sonder liefde sal my gawes al my ywer my nie baat
Net die liefde onbaatsugtig bly oorwin met goed die kwaad
Onreg kan dit nie verdra nie dit is met die waarheid bly
Deur vergiffenis hoop verwagting kom die beste in ons vry

Al die tale profesieë met die tyd gaan dit verby
Net die liefde die volmaakte kom en sal vir altyd bly
Want geloof gee troos en rigting na die toekoms reik die hoop
Liefde is en bly die grootste liefde sluit die lewe oop

Beliebteste Lieder von Arnold de Wet

Andere Künstler von Pop rock