Prys Hom Die Hemelvors

Prys Hom die Hemelvors
Op Sy verhewe troon
Loof Hom aan wie die Hemelkoor
Hul hulde steeds betoon

Aan Hom die Skepper Heer
Kom toe die eer en mag
Sy Woord het alles voortgebring
Roem ewig Sy gesag

Loof Hom die Lam van God
Want Hy's vir ons geslag
Hy het ons met Sy bloed gekoop
Besing Sy reddingsmag

Uit elke stam en taal
Het Hy ons vry gemaak
Sy Koninkryk Sy Priesterdom
Dit het Hy ons gemaak

Lof eer en heerlikheid
Die weisheid en die krag
Behoort aan God daar op die troon
En aan die Lam geslag

Tot in die Ewigheid
Sal ons die lied laat hoor
Die hele skepping oraloor
Roep Amen in 'n koor

Beliebteste Lieder von Arnold de Wet

Andere Künstler von Pop rock