Ons Braai Net

Ons pak dit vlei my maat en slaan dit vir ‘n ses
Die vure brand vergeet van die res
Kuier met kameeldoring hout en ons hou die glasse vol, is jy lus kom bietjie saam vir ‘n jol

Dis droeër as jou ouma se beskuit (Klink stout)
En as ons braai dan braai ons net vol uit

Dop, tjop gooi dit op ons kuier tot die oggend uur
Die mense's lekker hier
Want dis ‘n opskop maak jou los en gooi ‘n houtjie op die vuur
Want ons braai vir plesier

Bring dan al jou pelle maar of vet (Skaap vet)
Ons braai net, ons braai net

Rof en onbeskof, die vlaktes dor en kaal, enkel proppie dubbel is idiaal
Ons laat die vonke spat kuier vroeg tot laat
Wie is moeg ons gaan nie slaap

Hy is droeër as my ouma se beskuit (Klink stout)
En as ons braai dan braai ons net vol uit

Dop, tjop gooi dit op ons kuier tot die oggend uur
Die mense's lekker hier
Want dis ‘n opskop maak jou los en gooi ‘n houtjie op die vuur
Want ons braai vir plesier
Bring dan al jou pelle maar of vet (Skaap vet)

Die vuur is aan, vlamme hoog soos die Namib maan
Dis 'n barbeque, is jy mal my broer as daar ‘n vuurtjie brand noem ons dit ‘n braai
Kom ons maak lawaai

Dop, tjop gooi dit op ons kuier tot die oggend uur
Die mense's lekker hier
Want dis ‘n opskop maak jou los en gooi ‘n houtjie op die vuur
Want ons braai vir plesier

Dop, tjop gooi dit op ons kuier tot die oggend uur
Die mense's lekker hier
Want dis ‘n opskop maak jou los en gooi ‘n houtjie op die vuur
Want ons braai vir plesier

Bring dan al jou pelle maar of vet (Skaap vet)
Ons braai net
Ons braai net
Ons braai net
Ons braai net

Beliebteste Lieder von Big Ben

Andere Künstler von French rap