Ai Toggie Liewe Motor
Lekke, lekke, lekke, lekke, lekke
Die motors aan dit vrekke
Oema, oema, oema, oema, oema
Die ding is sonder woema
Kalm, kalm, kalm, kalm, kalm
Die engin is te warm
Ek moet stil hou maar waar doen ek dit
En hoe lank gaan ek vandag hier sit
Ai toggie, toggie, toggie liewe motor
Probleme word al groter
Toeters, toeters, toeters, toeters, toeters
Hoe jaag die duiwels goeters
Arrie, arrie, arrie, arrie, arrie
Ek sit in die pannarrie
En die manne jaag almal verby
Hulle vloek en hulle skel op my
Asseblief meneer kom nader, bring tog net 'n bietjie water
Maar meneer kyk skielik haastig ander pad
Ag, hoekom moet dit juis nou wees, en hoekom moet ek 'n vrou wees
Om nog hierdie soort van pyne ook te vat
Ai toggie, toggie, toggie liewe motor
Probleme word al groter
Mense, mense, mense, mense, mense
Hier staan ek nou aan't grense
Moenie, moenie, moenie, moenie huil nie
Jou hande word nie vuil nie
Liewe motor jy gaan dit berou
Kort voor lank is ek ontslae van jou
Kyk tog net die rye, rye karre
Die mense skree soos narre
Waar is dan die liefde en gewete
Of is dit ook nou vergete
Wees tog net 'n bietjie meer genadig
Meneer gedra jou waardig
Hierdie vrou is bang en doodsbenoud
En die engin is nog ver van koud
Die verkoopsman het gesê as ek 'n goeie kar wil hê
Is hierdie ene net die ene om te koop
Maar die ding maak net nou skande en daar's olie aan my hande
En die engin weier bot weg om te loop
Ai toggie, toggie, toggie liewe motor
Probleme word al groter
Wanneer is die einde dan in sig
Ek het die hele stad ontwrig
Lalalalalala
Hier kom die insleep kar
Dankie tog meneer jy't my verlos
Ek sal môre nog jou tjekkie pos
Ai toggie, toggie, toggie liewe motor
Probleme word al groter
Wanneer is die einde dan in sig
Ek het die hele stad ontwrig
Lalalalalala
Hier kom die insleep kar
Dankie tog meneer jy't my verlos
Ek sal môre nog jou tjekkie pos
Dankie tog meneer jy't my verlos
Ek sal môre nog jou tjekkie pos