Alle Voels Het Vere

JOHAN GROENEWALD

Alle voëls het vere en 'n lyfie
Alle voëls met vere het 'n nes
Party sit in die kranse en ander in 'n boom
Party staan in die vleie op een beentjie en droom
Ander vlieg so hoog en duik af op hul prooi
Maar almal kan nie vlieg nie, kom luister bietjie mooi

'n Hoender, eend, volstruis, kalkoen, kraanvoël en pikkewyn
Bly net op die grond, hulle loop net in die tuin
'n Hoender, eend, volstruis, kalkoen, kraanvoël en pikkewyn
Hul eiers lê hul op die grond, vir almal so gesond
Vlerke het hul almal, maar hul bly net op die grond

Die swaeltjies soek die sonskyn oor die water
Die kraaie sit en gaap net op 'n paal
Die vlêrmuise slaap heeldag en soek kossies in die nag
En in 'n doringboom is die huis van Jan Fiskaal
Die duiwe in die parkie wag vir kossies wat ons gooi
Maar almal kan nie vlieg nie, kom luister bietjie mooi

'n Hoender, eend, volstruis, kalkoen, kraanvoël en pikkewyn
Bly net op die grond, hulle loop net in die tuin
'n Hoender, eend, volstruis, kalkoen, kraanvoël en pikkewyn
Hul eiers lê hul op die grond, vir almal so gesond
Vlerke het hul almal, maar hul bly net op die grond

Wissenswertes über das Lied Alle Voels Het Vere von Carike Keuzenkamp

Wer hat das Lied “Alle Voels Het Vere” von Carike Keuzenkamp komponiert?
Das Lied “Alle Voels Het Vere” von Carike Keuzenkamp wurde von JOHAN GROENEWALD komponiert.

Beliebteste Lieder von Carike Keuzenkamp

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)