Bliksoldaatjie

JOHAN GROENEWALD

Bliksoldaatjie, bliksoldaatjie, staan net op een been
Swart geweertjie, rooi blink baadjie, waar gaan jy nou heen?
Jou een been's in 'n speelgoed-oorlog lankal af geskiet
Jy wag verdrietig op jou maatjie, maar dit is verniet

Kinders word net groter, groter, nooit nie bly hul klein
Speelgoed word net minder, minder, tot hul net verdwyn

Bliksoldaatjie, soek sy maatjie, waar's sy maatjie nou?
Swart geweertjie, vaal groen baadjie, waar gaan hy nou heen?
Dis lank nie meer 'n speel-speel oorlog, speeltyd is verby
Jy wag verdrietig op jou maatjie, maar dit is verniet

Kinders word net groter, groter, nooit nie bly hul klein
Speelgoed word net minder, minder, tot hul net verdwyn

Bliksoldaatjie, bliksoldaatjie, staan net op een been
Swart geweertjie, rooi blink baadjie, waar gaan jy nou heen?
Jou een been's in 'n speelgoed-oorlog lankal af geskiet
Jy wag verdrietig op jou maatjie, maar dit is verniet

Kinders word net groter, groter, nooit nie bly hul klein
Speelgoed word net minder, minder, tot hul net verdwyn

Kinders word net groter, groter, nooit nie bly hul klein
Speelgoed word net minder, minder, tot hul net verdwyn

Wissenswertes über das Lied Bliksoldaatjie von Carike Keuzenkamp

Wer hat das Lied “Bliksoldaatjie” von Carike Keuzenkamp komponiert?
Das Lied “Bliksoldaatjie” von Carike Keuzenkamp wurde von JOHAN GROENEWALD komponiert.

Beliebteste Lieder von Carike Keuzenkamp

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)