Die Windpomp
Diep in die bosveld daar doer ver
Staan 'n windpomp dag vir dag
Die gras is droog en die son brand neer
En die beeste staan en waag
Die windpomp lyk so treurig
Hy wens die wind wil waai
Want natuurlik wil die windpomp ja
Hy wil maar hy kannie self draai
Die windpomp moet maar staan en wag tot die wind begin te waai
Want dan eers kan die windpomp begin om rond te draai
Met eens kom die wind met 'n hoe hoe hoe deur die doringbome aan
Hy ruk en pluk oor die ope veld tot waar die windpomp staan
En die windpomp draai en die windpomp swaai so vinning as wat hy kan
En die windpomp draai en die windpomp swaai en die water loop in die dam
Die roede werk dat die stof so staan hulle pomp die water uit
Die windpomp lag hy knars en kraak soos die water lekker spuit
En die windpomp draai en die windpomp swaai so vinning as wat hy kan
En die windpomp draai en die windpomp swaai en die water loop in die dam
Die roede werk dat die stof so staan hulle pomp die water uit
Die windpomp lag hy knars en kraak soos die water lekker spuit en spuit
Soos die water lekker spuit
En die windpomp draai en die windpomp swaai so vinning as wat hy kan
En die windpomp draai en die windpomp swaai en die water loop in die dam