Die Ystertrein

In die Noordkaap waar die Rooisand lê, en yster ongemyn
Waar kameeldoring en ganna groei, begin 'n baie lang spoor lyn
Deur die stowwe van die Boesmanland deur Namakwaland loop hy
Waar die ruimtes van die Knersvlakte die Bokkeveld berge sny

Oor die lang lang brugby Koekenaap waar die Sandveld boere saai
Al langs die see by Lambertsbaai tot binne in Saldanhabaai
Die drywers van die ystertrein is manne na my hart
Wat dag en nag die duisend myl se yster spore tart

As die een aflaai kom 'n ander aan, word 'n nuwe vrag gelaai
Gou aflaai op die uitvoer kaai, dan vinnig weer laat waai
Maar almal baat as die ysterraad hul uitvoer tjekkie kry
Dis die stad se geld wat baie help om inflasie te bestry

Dis die baie trokke trein op die lang spoor lyn, dis die erts trein swaar gelaai
Dis 'n baie lang kyk voor sy angel wyk, tussen Session en Saldanhabaai
Dis die sakke-pakke trein bok bok staan styf, hoeveel trokke op jou lyf
Dis die uitvoer trein van die ystermyn, dis 'n wag-'n-bietjie lang kyk trein

Wissenswertes über das Lied Die Ystertrein von Carike Keuzenkamp

Wann wurde das Lied “Die Ystertrein” von Carike Keuzenkamp veröffentlicht?
Das Lied Die Ystertrein wurde im Jahr 2009, auf dem Album “Ek Sing” veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Carike Keuzenkamp

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)