Gannaberg

Die môre lag van oor tot oor
Doring, vygies en kambroë
Loer langs die son se strale af
Op hierdie wonderlike dag

'n Droë konings kandelaar
Rol skuisweg oor die grys stof pad
Ek stop en tuur die vlaktes in
En adam weer die skoonheid in

Ek kan my arms wyd uitstrek
My voete vas en stewig plaas
Op hierdie ruwe rotsvas grond
'n Nuwe lewe hier omhels

Gannaberg, ek het my hart verloor op Gannaberg
Waar ek opnuut weer in my siel kan delf
My naam kan sê en weer myself kan wees

Gannaberg, ek het my vasgeknoop aan Gannaberg
Nou kan ek weer uit diep ervaring delf
Myself van voor af vind

Die kleurskakerings van die veld
Roesbruin, groen en geel en vaal
Bring 'n skepping by mekaar
Van die grootste kunstenaar

En daarmee saam die wilde vy
Gwarrie bos en vingerhoed
In my hart is ek weer vry
In my denke doel en bly

Op Gannaberg tuur ek oor die veld
Kyk ek ver die toekoms in
Juig my hart vir 'n vars begin
Het ek weer myself gevind

Gannaberg, ek het my hart verloor op Gannaberg
Waar ek opnuut weer in my siel kan delf
My naam kan sê en weer myself kan wees

Gannaberg, ek het my vasgeknoop aan Gannaberg
Nou kan ek weer uit diep ervaring delf
Myself van voor af vind

Myself van voor af vind

Wissenswertes über das Lied Gannaberg von Carike Keuzenkamp

Wann wurde das Lied “Gannaberg” von Carike Keuzenkamp veröffentlicht?
Das Lied Gannaberg wurde im Jahr 2009, auf dem Album “Net Een Soos Jy” veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Carike Keuzenkamp

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)