Naakie Die Nar

Daar in die Heidelberg kontrei woon 'n goeie vriend van my
Die kinders noem hom, Nakkie die nar
Met al die sê goed wat hy het is hy 'n bondeltjie vol pret
Sy kulkunsies stuur kinders in die war

Nakkie die nar
Nakkie die nar
Die kinders lag vir wat jy is en doen
Vir jou klere blink en bont en die wit kring om jou mond en voete vlenter vooruit elke skoen

Hi die hi (Hi die hi)
Hi die hou (Hi die hou)
Dis jou manier om klein mensies te groet

Hi die hi (Hi die hi)
Hi die hou (Hi die hou)
Die kinders lag maar luister ewe soet

Robbie sy robot is gebou
Van draad, karton en tou
Sy pittighede wys hy's wêreld wys
En as sy liggies flits en draai laat hy kinders kekkel kraai
Want Robbie soek 'n meisie om te kys

Nakkie die nar
Nakkie die nar
Die kinders lag vir wat jy is en doen
Vir jou klere blink en bont en die wit kring om jou mond en voete vlenter voor uit elke skoen

Nakkie ou maat
Ek wou nog vra
Word jy soms ook kwaad
Moet jy elke dag jou masker dra

Nakkie die nar
Nakkie die nar
Die kinders lag vir wat jy is en doen
Vir jou klere blink en bont en die wit kring om jou mond en voete vlenter voor uit elke skoen

Hi die hi (Hi die hi)
Hi die hou (Hi die hou)
Dis jou manier om klein mensies te groet

Hi die hi (Hi die haai)
Hi die hou (Hi die hou)
Die kinders lag maar luister ewe soet

Nakkie die nar
Nakkie die nar
Nakkie die nar
Nakkie, nakkie, nakkie, nakkie, nakkie, nakkie, nakkie die nar

Beliebteste Lieder von Carike Keuzenkamp

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)