O, Die Diere
Daar's so baie vrae oor die diere wat my pla
Goed waaroor ek wonder, vrae wat ek wil vra
Leeu is die koning van die diere jy weet
Olifant is groot en hy kan nie vergeet
Uil is die slimste en hy sien in die nag
En die apies sit vir ons en lag
Kameelperd het 'n lange nek, iemand het die uitgerek
Wonder of hy staan en slaap, sien hy tot in die Kaap
Luislang is so lui, sal hy ooit sy huis kan kry
Ek wonder maar, is alles waar wat ek van die diere hoor
Leeu is die koning van die diere jy weet
Olifant is groot en hy kan nie vergeet
Uil is die slimste en hy sien in die nag
En die apies sit vir ons en lag
Skilpad loop so stadig hier, wonder is hy vier by vier
Vat sy huisie orals saam 'n wonderlike dier
En as jy hom sal optel sien jy wat gebeur
Jy wonder wat, hy maak jou nat, dan sit jy hom gou neer
Ratel kry nie seer as die bye hom so steek
Renoster het 'n horing wat alles stukkend breek
Seekoei het die grootse mond wat jy kry
Heëna staan en lag vir my
Leeu is die koning van die diere jy weet
Olifant is groot en hy kan nie vergeet
Uil is die slimste en hy sien in die nag
En die apies sit vir ons en lag
Ratel kry nie seer as die bye hom so steek
Renoster het 'n horing wat alles stukkend breek
Seekoei het die grootse mond wat jy kry
Heëna staan en lag vir my
Al die diere is so cool vir my